Hoekom sit die blondine groen lipstiffie aan?
Sy weet rooi beteken stop.
Hoekom het blondines deurskynende kosblikke?
Sodat hulle kan weet of hulle werk toe of huis toe moet gaan.
Waarom het die blondine Omo gedrink?
Op die houer staan: MET NUWE VERBETERDE VETVERWYDERAAR.
Wat het vier blondines in gemeen?
Niks waaraan hulle kan dink nie.
Hoe hou jy n blondine ure lank besig?
Gee vir haar 'n papier met die woorde blaai om asseblief op
albei kante geskryf.
Hoe weet jy watter een is die blondine by die begrafnis?
Die een wat sing: "lank sal hy lewe....."
Baas: "Koos het jy al ooit 'n gehoor toegespreek?"
Koos: "ja"
Baas: "Wat het jy gesê?"
Koos: "Onskuldig"
Koos het elke venster in sy huis vervang.
Toe ontdek hy sy bril se een glas is gekraak.
"Hoekom eet jy nie jou groente nie, Koos?"
"My oom is dood daaraan."
"Regtig? Wat het gebeur?"
"'n Vragmotor vol pampoene het hom omgery."
Pa: "Sies Jannie, jy gedra jou nes 'n otjie!"
Jannie kyk verbaas na sy pa.
"Weet jy wat n otjie is?" vra sy pa.
"Ja pa," antwoord Jannie. "Dis die seuntjie van 'n vark."
Hoe blaf 'n Franse poedel?
"Le woef"
En die hond van Goodwood in die Kaap
"Woef, Woef ek sê"
Wat kry jy as jy 'n vampier met 'n vlooi kruis?
Bekommerde honde.
Jannie:"Pa, hoekom is Adam eerste gemaak?"
Pa:"Om hom 'n kans te gee om ook iets te sê."
Monday, September 3, 2007
Glimlagkos
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment